Die talentvolle fotograwe het kunstige foto's ingestuur om die week op 'n hoë noot af te skop. Geniet die versameling en sterkte vir die week wat voorlê.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 32ste fotoblad verskyn in die week se Vaalweekblad, 3 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die kleurryke natuurfoto geneem.Madelein de Jongh van Risiville in Vereeniging het die kunstige foto van die mooi maan geneem.“Lockdown” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die treffende foto geneem.Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi seelandskap foto in die Kaap geneem.“Cloudy Moon” – Susan Erasmus van Barberton het die kunstige foto geneem.“Golden tracks” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die kunstige foto van die treinspore geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi monochroom foto van die wolke geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van die murasie. wat nes ‘n skildery vertoon, geneem.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto van ‘n emo geneem. Sy sê die “bogger” het haar net nadat sy die foto geneem het op haar kop gepik.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige Boudoir foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto op Riversong-plaas geneem.Buané Cordier (13) van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Vanderbijlpark geneem.Chantené van Rensburg van Meyerton het die pragtige foto van die bitterbessies in die agterplaas geneem.George Stevens van Vereeniging het die mooi silhouette foto met sonsondergang in Kaapstad geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die kunstige nagfoto geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige pastelkleur-foto geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jacques le Roux van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die mooi foto van die Tsogo Sun Hotel se ingangsportaal in HD-verwerking geneem.Johan Goosen van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi straatfoto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by Lake Engolasters in Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful sunset photo.Kirsty Jacobs van Sasolburg het haar dogter en ‘n nat tennisbal ingespan om die kunstige foto te laat realiseer.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n naaldekoker by die Dube Privaat Wildreservaat geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za