Local newsNewsNewsBreaking News

Meyerton se Danelle skitter in realiteitsreeks

MEYERTON. – Danelle Dreyer, ’n inwoner van die dorp, het die liefdadigheidsafdeling van VIA (kanaal 147 op DStv) en Apprentesses SA se realiteitsreeks Ster-Status van 2020 gewen. Sy is boonop as mede-aanbieder van die volgende seisoen van die reeks gekies. Die wenners van die realiteitsprogram is op 5 Desember verlede jaar by die Colosseum Reale …

MEYERTON. – Danelle Dreyer, ’n inwoner van die dorp, het die liefdadigheidsafdeling van VIA (kanaal 147 op DStv) en Apprentesses SA se realiteitsreeks Ster-Status van 2020 gewen.
Sy is boonop as mede-aanbieder van die volgende seisoen van die reeks gekies. Die wenners van die realiteitsprogram is op 5 Desember verlede jaar by die Colosseum Reale in Pretoria tydens ’n glansryke rooitapyt-geleentheid aangewys. Danelle, ’n plaaslike entrepreneur, getroude vrou en ma van vier, was een van twaalf finaliste wat in Augustus verlede jaar na die eindrondte van die kompetisie deurgedring het. Sy het as deelnemer verskeie liefdadigheidsfunksies aangebied, insluitend ’n aanlyn-fiksheidskompetisie.
Sy het daarmee R3 000 vir die Faboulous Girl-liefdadigheidsinisiatief ingesamel tydens die landwye staat van inperking, ’n fiksheidskompetisie by Rivierplaas in Riversdale waarmee sy R10 000 vir dieselfde liefdadigheidsinisiatief ingesamel het en ’n Pamper & Empower-bemagtigingsoggend waartydens sy 20 meisies van die Sicelo-township in Meyerton in November by Rivierplaas in Riversdale bederf het met haar en velbehandelings.
Danelle is op grond van haar prestasie in die kompetisie ook as ’n mede-aanbieder van die 2021 reeks van Ster-Status gekies. Die doel van die realiteitsreeks is om jong vroue (millennials) vir ‘n lewe in die kollig voor te berei deur hulle deur werkswinkels, opleidingsessies en verskeie ander uitdagings aan die vermaaklikheidsbedryf bekend te stel.
Ná elke fase van die kompetisie is daar van die deelnemers uitgeskakel, terwyl ander deurgedring het na ’n volgende rondte. Danelle het na afloop van die kompetisie gesê dat hoewel die jaar 2020 ’n vreesaanjaende jaar met baie uidagings was, die Ster-Status-realiteitsreeks vir haar en ander deelnemers geleer het om in hulself te glo en dat hulle tot enige iets in staat is indien hulle glo.
“Ek is dankbaar vir die geleentheid om deel van hierdie ‘epic’ program te kan wees,” vertel Danelle.
* Charné Kemp is as algehele wenner gekroon met die sangeres Sharoney Viljoen en Chrizelle Joubert wat onderskeidelik met die silwer- en bronstoekennings weggestap het.
* Die 12 finaliste van verlede jaar se program was Bianca Rautenbach, Chrizelle Joubert, Christina Pretorius, Charné Kemp, Danelle Dreyer, Evelyn Maruping, Jaylene Guest, Jeannemy Peacock, Karin da Silva, Palesa Mashuku, Phia-ri Olivier, en Sharoney Viljoen.
* Ster-Status word elke Dinsdag om 18:00 op VIA uitgesaai. Die verfilming van die derde seisoen van die reeks is tans aan die gang. Dit sal waarskynlik in September uitgesaai word met Danelle as mede-aanbieder van die reeks.

**Die storie het in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad van 20 Januarie tot 22 Januarie verskyn.

Van die twaalf finaliste van VIA (kanaal 147) se Ster Status-realiteitsreeks met Meyerton se Danelle Dreyer in die middel. Van links is: Evelyn Maruping, Christina Pretorius, Charné Kemp, Danelle, Sharoney Viljoen, Chrizelle Joubert en Jaylene Guest.
Danelle’ ‘n inwoner van Meyerton, is ‘n entrepreneur, getroude vrou en ma van vier. Sy sê sy is baie dankbaar vir die geleentheid om deel van die program te kan wees. Foto’s: Verskaf
Danelle het die liefdadigheidsafdeling van VIA se Ster-Status-reeks gewen en is as ’n mede-aanbieder vir die volgende seisoen van die reeks gekies. Hier oorhandig Eloise Cupido (regs), aanbieder, haar toekenning aan haar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button