Local newsNewsNews

Fotoblad kook met talent op koue Dinsdag

Dit mag dalk 'n koue nat Dinsdag in die Vaaldriehoek wees, maar die fotoblad kook met talent. Geniet vandag se versameling en welkom aan twee nuwelinge: Liezel Senekal van Vereeniging en Lauanna Venter van Vanderbijlpark.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 32ste fotoblad verskyn in die week se Vaalweekblad, 3 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n sonsondergang toneel in Deneysville geneem.
Lauanna Venter van Vanderbijlpark het die pragtige foto in haar tuin geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige foto by Manten Marina in Deneyseville geneem. Dit is die eerste foto wat Liezel op die blad deel.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto van die koning geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto van die sopnat voëltjie geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto van die treinspoor geneem.
“Oestyd in Lesotho” – Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Simoné de Bruin (13) van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto geneem. Sy is een van die twee 13-jariges wat gereeld foto’s instuur.
Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar seenimfie, Melania, tydens hul vakansie in Amanzimtoti geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige monochroom portretfoto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto in hul woonbuurt geneem.
“Tritoniopsis Ramosa” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto op Riversong-plaas geneem.
“Die reën kom” – Buané Cordier (13) van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Vanderbijlpark geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Swartsuikerbekkie in hul tuin geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi monochroom foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto tydens ‘n besoek aan Ax-les-Thermes, Frankryk geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kate Whittam from Vanderbijlpark took this monochrome photo.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die romantiese oomblik vasgevang.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi natuurfoto in die Marakele Nasionale Park geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button