Skokkende skietvoorvalle in Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK. - Chaos het gisteraand in die dorp uitgebreek toe 'n pa en sy seun by McDonalds gekiet is. 'n Betrokkene in dié skietvoorval het later na 'n vulstasie in Sharpeville gery waar hy homself geskiet het.

Die is ‘n ontwikkelende storie en daar is nog baie onbeantwoorde vrae. Wat wel aan die lig gekom het is dat ‘n pa (Johan Hebler) en sy seun (Nathan) geskiet is toe hulle wegneemetes wou gaan koop het. Johan is in sy maag geskiet en na wat verneem kon word tans in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. Nathan was drie keer geskiet en was in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem. ‘n Familielid het later op Facebook laat weet dat hy ongelukkig aan sy wonde gesterf het.
Daar is verskeie videos van die skietvoorval by die vulstasie op sosiale media gedeel. Dit wys hoe die man uit sy motor klim, tot voor sy motor loop, ‘n rewolwer teen sy kop sit en die sneller kort daarna trek.
