Local newsNewsNews

Vaal treur oor een van sy muurballegendes

“Woorde is min! Dit het so vinnig gebeur….Ons was nog nie reg vir dit nie!” “Jou plek in ons harte is leeg en seer.” Met dié hartroerende woorde is die ongelooflike skok verwoord van die dood van een van Parys se grootste muurballegendes, Elize Prinsloo, wie Saterdagmiddag in ’n motorongeluk op die N1 gesterf het.

Elize en haar man, Gert, was die middag onderweg van Vanderbijlpark na Parys toe ’n bestuurder in die aankomende verkeer wat van Kroonstad-kant af gekom het, oënskynlik beheer oor sy voertuig verloor, en oor die middelman beweeg het om reg van voor met die Prinsloos se motor te bots. Die botsing was ongeveer 15:30, skaars 20 minute nadat Elize nog ’n boodskap op die muurbalgroep se WhatsApp-groep geplaas het.

Beide Elize en Gert is van die ongelukstoneel na die Emfuleni Medi Clinic geneem waar Elize aan haar beserings beswyk het. Gert is later na die Milpark-hospitaal oorgeplaas met onder meer ‘n gebreekte arm en gewrig en veelvuldige ribfrakture.

Elize was oor jare die hartklop en ritme van sukses van Parys se muurbalklub, maar ook in SA Muurbal waar sy diep spore getrap het. Iemand wat ongelooflik toegewyd was tot aan die einde. Onder haar afrigtershand het die klub jaarliks tussen 18 en 25 provinsiale spelers opgelewer wat aan die SA’s deelgeneem het. Van haar spelers het selfs in internasionale toernooie uitstekende prestasies behaal.

Van die dogtersspanne wat sy afgerig het, het verskeie jare gekwalifiseer om aan die prestige Top Schools muurbaltoernooi in Pietermaritzburg deel te neem. ’n Klub wie se spelers nie net in die Vaaldriehoek nie, maar oor die land raakgesien is tussen die spelers van groter gerekende skole.

Die impak en sukses wat Elize by die Parys-muurbalklub behaal het, kan nie gemeet word nie, het Robert Thompson, voorsitter van die klub Sondag gesê. Syself was ’n baie talentvolle muurbalspeler wat in die tagtigerjare saam met van die klub se ander spelers die Vaaldriehoek by die SA’s verteenwoordig het.

Gert en Elize Prinsloo saam met hul kleinkinders. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button