Local newsNewsNews

Groot versameling prag-foto’s

Vaalweekblad spog vandag met 'n groot foto-versameling wat van heinde en ver ingestuur is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 32ste fotoblad het reeds in die week se Vaalweekblad, 3 Februarie, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n swaeltjie wat lyk of hy die seën uitspreek geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto by Manten Marina in Deneyseville geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
“Pad na my drome” – Hendrik Bekker (Wild Breed Photography) van Vereeniging het die mooi modelfoto van Maggie du Plessis in Vereeniging geneem. Dit is die eerste foto wat Hendrik na die blad ingestuur het.

Susan Erasmus het die pragtige foto van die uitsig oor gedeelte van Barberton vanaf die Bulembu pad onderweg na Swaziland geneem.
“Steeds die koning”- George Stevens van Vereeniging het die mooi foto in die Krugerwildtuin geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die grondpad tussen die lang ry bome geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Buané Cordier, een van die twee 13-jarige dames wat gereeld foto’s instuur, het die mooi foto van die dreigende onweerswolke geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto by Chapman’s Peak geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto van ‘n donkie geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by Grau Roig ski-area, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this lovely scene in The Lake District, United Kingdom, on a cold morning.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by Kommandonek Game Farm & Lodge geneem.
Lauanna Venter van Vanderbijlpark het die pragtige foto by ‘n dam op die Lochvaal-kleinhoewes, Vanderbijlpark geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi natuurfoto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi seelandskap foto in die Kaap geneem.
Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die pragtige foto van die gloeiende hemelruim geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto in Dassiesfontein geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi natuurfoto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van die grondpad van Namtib Eco Lodge se kampterrein in Namibië geneem.
Sarina Small van Meyerton het die kuiergas in die tuin opgemerk en die mooi foto geneem.
Die 13-jarige Simoné de Bruin van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die  foto van ‘n mooi boom in hul woonbuurt geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi straatfotografie foto in Georgetown tydens vakansie in Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die rooskleurige landskapfoto op Riversong-plaas geneem.
Bert Voges van Meyerton het die mooi foto van ‘n wit leeu by die Weltevrede Leeuplaas in Heilbron geneem. Dit is die eerste foto wat Bert op die blad deel.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi landskapfoto geneem.
Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto van ‘n kuiergas in haar tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button