Kyk: Roerende huldeblyk aan Nathan
VANDERBIJLPARK. – Rou snikke van ‘n gebroke moederhart het Saterdagmiddag (6 Februarie) opgeklink tydens die kranslegging en huldeblyk aan die 18-jarige Nathan Hebler wat vroeër vandeesweek in ‘n skietvoorval noodlottig gewond is. Nathan was ‘n kranige visserman en die hengelklub waaraan hy behoort het, het saam met sy ma en nabye familie ‘n kransleggingseremonie gehou …
VANDERBIJLPARK. – Rou snikke van ‘n gebroke moederhart het Saterdagmiddag (6 Februarie) opgeklink tydens die kranslegging en huldeblyk aan die 18-jarige Nathan Hebler wat vroeër vandeesweek in ‘n skietvoorval noodlottig gewond is. Nathan was ‘n kranige visserman en die hengelklub waaraan hy behoort het, het saam met sy ma en nabye familie ‘n kransleggingseremonie gehou waartydens wit duiwe ter nagedagtenis aan hom vrygelaat is. Sy pa Johan wat ook in die voorval in die maag geskiet is, is tans in Alberton in die hoë sorg eenheid van die Unie-hospitaal. Lawrence Townsend (59), een van die bestuurders van Slap Chips, het ook verskeie ernstige beserings opgedoen, toe die skieter Tommy Phalatsi (49) Dinsdagaand met sy BMW X5 ingejaag kom en skade aan verskeie karre gerig. Na dié voorval het Phalatsi sowat 1,5km verder in Duckhamstraat die 47-jarige karwag Willem Kriel (47) geskiet. Kriel is Woensdagoggend in die hospitaal oorlede. Phalatsi het daarna homself by die Global-vulstasie in Sharpeville om die lewe gebring. Die rede agter die skiet-orgie is nog nie bekend nie.
