Local newsNewsNews

Pragtige Saterdag foto-versameling

Dit is naweek en terwyl die fotograwe waarskynlik hard aan die werk is om nog spesiale oomblikke vas te vang, deel Vaalweekblad met trots hierdie pragtige versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 32ste fotoblad het reeds in die week se Vaalweekblad, 3 Februarie, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto van haar kat Moxi geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto tydens ‘n besoek aan Frankryk geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful photo of a Blue Headed Agama on the road to Botswana.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige natuurfoto geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto van ‘n slakkie so groot soos ‘n sandkorrel geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van flaminke in Walvisbaai verby die Soutwerke geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige natuurfoto geneem.
“Hoverfly” – Susan Erasmus van Barberton het die pragtige foto foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die oulike foto in hul woonbuurt geneem.
Marcelle du Preez (19) van Falconridge, Vereeniging, het die mooi sonsongergang foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van straatkuns  in Georgetown tydens vakansie in Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die sagte natuurfoto op Riversong-plaas geneem.
Celest van der Schyff van Meyerton het die mooi foto van ‘n pad in Meyerton geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die oulike foto van die ganse geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto van ‘n besige bytjie geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige makro foto in sy tuin geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button