Local newsNewsNews

Prag-foto’s in skakerings van bruin en groen

Vandag is aardse kleure aan die orde van die dag. Geniet die pragfoto's in skakerings van bruin en groen.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 33ste fotoblad verskyn in die week se Vaalweekblad, 10 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Jan Putter van Vaalpark het die besondere foto van die gecko met sy middagete in sy bekkie geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige makro foto van ‘n Springspinnekop (sowat 3mm groot) geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto van haar kat Moxi geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto tydens ‘n besoek aan Frankryk geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
This beautiful photo was taken by Kate Whittam from Vanderbijlpark in the Masai Mara.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto van ‘n nuweling by die Kommandonek Game Farm & Lodge geneem.
“Die reën is oppad” – Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die besondere slak tydens vakansie in die Kaap opgemerk en afgeneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi foto by die Animal World in Vanderbijlpark geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige natuurfoto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Koivis wat nader swem om te kom eet geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto tydens ‘n besoek aan Melkbosstrand geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die skattige foto van die apies geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto op Riversong-plaas geneem.
Antoinette Viljoen van Vaalpark het die pragtige foto van die seekoei in die laaste sonstrale van die dag langs ‘n laagwaterbrug in die Krugerwildtuin geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van die bokke tussen die lang gras geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n  Bruinkop-visvanger met ‘n skerpioen in sy bekkie in die Krugerwildtuin geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto van die zebras geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
“Die klein dingetjies in die lewe gaan soms ongemerk verby” – Fransie Stevens van Vereeniging het die besondere foto van ‘n piepklein paddatjie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button