Local newsNewsNews

Interessante tonele en oomblikke vasgevang

Dié pragtige foto-versameling bewys dat daar geen tekort aan interessante oomblikke of tonele is om af te neem nie. Ook welkom aan Sheron Nienaber van Vanderbijlpark wat vandag haar eerste foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 33ste fotoblad verskyn in vandag se Vaalweekblad, 10 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by Lake Engolasters, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Jan Putter van Vaalpark het die treffende makro foto van ‘n houtkapperby (Carpenter Bee) geneem.
“Die tye waarin on leef” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto geneem. Dit is die eerste foto wat Sheron op die blad deel.
Lizette Khun van Sasolburg het die besondere foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige natuurfoto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van ‘n hut in Lesotho_geneem.
Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi portretfoto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi landskapfoto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n suikerbekkie op Riversong-plaas geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die treffende foto op ‘n uitstappie na Puteri Harbour geneem.
Bert Voges van Meyerton het die oulike foto van Bella op haar uitkykpos geneem.
Simoné de Bruin ((13) van Vanderbijlpark is een van die jong, kunstige fotograwe op die fotoblad.
Lauanna Venter van Vanderbijlpark het ‘n fotosessie met haar dogter en ‘n vriend gedoen.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van Klipdraai se “Zorse” – kruising tussen ‘n zebra en ‘n perd geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die eende wat die laaste sonstrale van die dag geniet, geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die besondere “gesig” in die Krugerwildtuin teëgekom.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n naaldekoker in die EcoPark in Vaalpark geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
“Kayla Poppins” – Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die liefdevolle oomblik vasgevang. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button