This beautiful photo was taken by Kate Whittam from Vanderbijlpark in the Masai Mara.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 33ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 10 Februarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
This beautiful photo was taken by Kate Whittam from Vanderbijlpark in the Masai Mara. She says they followed these little cubs for ages and this is one of the photos she was rewarded with.“Peek-a-boo” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van ‘n kameelperd wat tussen die takke deur loer geneem.George Stevens van Vereeniging het die pragtige makro foto in sy tuin geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van die maan geneem.“Survivor” – Jacques le Roux van Heidelberg (Omega Photography), een van die professionele fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Peet Schabort van Deneysville het die mooi foto geneem om te wys hoe dit nou by die Vaaldam lyk. Teen vandag was die dam reeds meer as 103,5% vol en is drie sluise reeds oopgemaak.Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van die tweespoorpaadjie vanaf die krater naby die dorpie Berseba in Namibië_geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto by ‘n koffieplantasie in, Johor Bahru geneem..Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto by Stonehaven-on-Vaal geneem.Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Simoné de Bruin (13) van Vanderbijlpark is een van die jong, kunstige fotograwe op die fotoblad.“Ek wil ook ‘n stukkie hê” – Susan Erasmus van Barberton het die pragtige foto geneem. (Die leeuwyfie het toe darem later haar stukkie vleis gekry).Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto op Riversong-plaas geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van die Springbokke geneem.Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n vlieg wat op haar motor gesit het geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die treffende modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die mooi modelfoto in Mosselbaai geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by Temenos Retreat geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi sonsondergang foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za