Local newsNewsNews
Kyk video: Drie sluise by Vaaldam oop!
DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie het vanoggend twee sluise by die Vaaldam oopgemaak, en daar was heelwat toeskouers teenwoordig vir die oomblik.
Daar was eers net twee sluise oop, heelwat later is ‘n derde oopgemaak en daar kan waarskynklik nog ‘n vierde sluis oopgemaak word
Die stap is geneem weens ‘n sterk invloei vanuit die Bo-Vaal wat vinnig besig is om die Vaaldam te vul. Vaalweeklad-joernalis Christiaan Cloete is tans by die dam en het die videos geneem.
Die sterk invloei van water en weervoorspellings wat nog reën voorspel het glo tot dié besluit bygedra. Die water wat nou deur die oop sluise woed is bestem vir die Bloemhofdam, en maak plek vir nog water wat na Vaaldam kan vloei.
Volgens die laaste syfers was die dam reeds meer as 103,5% vol en met die weerstelsel wat tans oor die Mosambiekse kanaal hang is daar die moontlikheid van meer reën.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.