Dit is vandag 'n spesiale dag en Vaalweekblad deel met trots 'n ekstra mooi versameling. Behalwe dat dit Valentynsdag is, vier ons ook die verjaarsdae van twee fotograwe op die blad: Buané Cordier (nou 14-jaar) van Vanderbijlpark en Rozan Koen van Vaalpark. So, gelukkige Valentynsdag, asook gelukkige verjaarsdag.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 34ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige stillewe foto geneem.Buané Cordier (14) een van die jongste lede op die fotoblad het die pragtige foto geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige silhouette foto geneem.Fransie Stevens van Vereeniging het die skitterende makro foto geneem.Manie Koekemoer van Vanderibijlpark het die pragtige natuurfoto in sy tuin geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Marietjie Benade van Vanderbijlpark het die mooi foto van die vinkie wat hard aan sy nes werk in haar tuin geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die besondere foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die buitengewone foto van ‘n hottentotsgot geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die mooi foto van sy dogter met kerkslig geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi landskapfoto by Sossosvlei, Namibië geneem.Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.“Step Up” – Jacques le Roux van Heidelberg (Omega Photography), een van die professionele fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.Simoné de Bruin (13) van Vanderbijlpark is een van die jong, kunstige fotograwe op die fotoblad.Susan B Jacobs (66) van Jeffreysbaai het die pragtige foto van haar kleindogter met sonsongergang op die strand geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto by die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die besondere foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die dramatiese (maar baie mooi) landskapfoto op Riversong-plaas geneem.George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n naaldekoker in die EcoPark in Vaalpark geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die prentjie mooi landskapfoto geneem.“Ek sien jou” – Elsje Vermeulen van die Vanderbijlpark het die foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto van die wildebeeste geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die kunstige foto op pad huistoe geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die vervalle huis geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die skattige foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).This beautiful photo was taken by Kate Whittam from Vanderbijlpark at Golden Gate.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za