Local newsNewsNews

Skatkis vol foto’s

Die fotograwe skop die week af met 'n skatkis vol foto's. Geniet vandag se versameling en welkom aan Denise Meyer van Vanderbijlpark wat haar eerste foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 34ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto van haar seuntjie geneem.
Susan B Jacobs (66) van Jeffreysbaai het die pragtige sonsondergang foto geneem.
“Wat ‘n vangs” – George Stevens van Vereeniging het die pragtige makro foto van ‘n wawielspinnekop met sy middagete geneem.
Denise Meyer van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto in Oranjeville, Vaaldam (Mianzi) geneem. Dit is die eerste foto wat Denise op die blad deel.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Simoné de Bruin (13) van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die besondere foto geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die oulike foto van haar kat Fluffie, wat in die son lê en bak, geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van die geveerde inwoners op Riversong-plaas geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige makro foto geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die pragtige toneel wat amper soos ‘n skildery vertoon in Dinokeng afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi makro foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
“The Door” – Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this wildlife photo of a vulture feasting.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die wolke wat begin saampak geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi natuurfoto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die besondere lugfoto uit ‘n helikopter geneem.
Manie Koekemoer van Vanderibijlpark het die pragtige makro foto in sy tuin geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van sebra en haar vul geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto by Sossosvlei, Namibië geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto van die miskruier geneem.
Sarina Small van Meyerton het die mooi landskap foto van die sluise by die Vaaldam geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button