Local newsNewsNews

Mittal ongeluk – Drie steeds vasgekeer

ArcelorMittal het 'n persverklaring vrygestel waarin bevestig is dat drie werkers steeds vermis word

ArcelorMittal bevestig ongeluk

12:44 ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring  gesê dat ‘n gedeelte van ‘n 90 m stack by een van die coke batteries meegegee het op Woendsdag, 17 Februarie. Dit het op die beheerkamer geval waar drie werknemers besig was. Die drie word steeds vermis.  

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie, maar die maatskappy sal ‘n volledige ondersoek loods. Die eerste prioriteit is egter om die werkers te vind en na veiligheid te bring.

Die area is beveilig.

VANDERBIJLPARK. –  Die Nasionale Unie vir Metaalwerkers (NUMSA) het in ‘n persverklaring gesê dat hul baie bekommerd is oor drie werkers wat steeds vermis word na ‘n ontploffing by ArcelorMittal in Vanderbijlpark. Die ontploffing het om 02:00 op 17 Februarie 2021 plaasgevind. Volgens die persverklaring is die unie bekommerd dat die werkers onder die puin vasgeval is. Nooddienste is op die toneel en daar word gepoog om die werkers te vind en na veiligheid te bring sonder om nog ‘n ontploffing te veroorsaak. Die persverklaring dui ook aan dat die werkers se families reeds bygestaan word en berading ontvang. Geen verdere inligting is bekend gemaak nie. Daar is ook nog tot dusver geen inligting van Mittal self ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button