Local newsNewsNews

Vars, vrolike foto’s aan orde van die dag

Ons geniet vandag net die ligter sy van die lewe en dus is sag, vrolike foto's aan die orde van die dag.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 34ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Februarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

“Brownhooded kingfisher” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige natuurfoto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van ‘n brander wat breek by Scottburgh, KwaZulu Natal geneem.
June Bartlett van George het die pragtige foto van haar kat Moxi geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het die pragtige makro foto van ‘n naaldekoker in sy tuin geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto van die wildbees en haar kalf geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens vakansie aan die Langkawi-eilande geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige makro foto van ‘n springkaan geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van die “jong prins van die diereryk” geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die helderkleurige foto geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Celest van der Schyff van Meyerton het die mooi natuurfoto geneem.
Denise Meyer van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto in Oranjeville, Vaaldam (Mianzi) geneem.
“Dis mos die lewe” – Lizette Kuhn van Sasolburg het die oulike foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi landskapfoto van Vaaldam geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto bewerkstellig en geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi natuurfoto in die Marievale Natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die besondere foto geneem.
“Sealed with a kiss” – Mario Vieira from North Riding took this beautifull photo.
“Golden Hour” – Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem toe die son gereed begin maak om te groet.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van ‘n kosmos geneem.
Alida Botha van Deneysville het die pragtige sonopkoms afgeneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die landskapfoto van die sonneblomveld geneem.
“Etosha” – Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful wildlife photo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button