Daarsy, die week is verby. Geniet die foto's en die naweek ... en ons sê ook baie geluk aan Monica Warren (een van ons knap fotograwe) met haar verjaarsdag.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 34ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Februarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die moeite gedoen om die klippe so op mekaar te pak en die mooi foto te neem.Alida Botha van Deneysville het die pragtige sonopkoms foto geneem.George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n jong hiëna wat in die gras lê (en lyk of hy lag) geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto by die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van die sappige perskers op Riversong-plaas geneem.Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die mooi silhouette foto met betowerende wolke geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi natuurfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die Bleshoenderkuiken wat te lekker swem geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jacqueline Bouwer van Meyerton het haar 15-jarige seun Byron in aksie op sy motorfiets afgeneem.“Whish I was there” – Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die murasie geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonsondergang foto in Bassonia geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful close up photo of a crocodile.Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige silhouette foto van haar tweeling, Mariza en Marzaan, geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die oulike foto van een van die “inwoners” van Kommandonek Game Farm & Lodge geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die kunstige foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Marievale Natuurreservaat geneem.Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto by Sibani Lodge geneem.Marietjie Benade van Vanderbijlpark het die oulike foto in haar tuin geneem.“Cuteness Overload” – Mario Vieira from North Riding took this beautifull photo of his son.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het donker wolke in die hemelruim vasgevang.Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige landskapfoto met die gemsbokke by Namtib, Namibië geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige silhouette foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto in vriende se tuin geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za