Local newsNewsNews

Vasgekeerde babakat gered

Sandy Thorpe van Drie Riviere vertel hoe hulle 'n katjie in 'n winkelsentrum gered het. Lees meer hier ...

Sandy Thorpe van Drie Riviere skryf:
 
‘n Baie groot dankie aan Jaco van die River Square winkelsentrum se bestuur, asook Roger by Tyger wheel & Tyre, en ook aan die dames van Contempo.
 
Ek het Woensdag ongeveer 17:30 by Contempo ingegegaan. Ek het in die hoek van die winkel ‘n baba katjie hoor skree, onophoudelik.
Die katjie was vasgekeer agter die muur. Ek het die dames van die winkel gevra of hulle bewus is daarvan, en die een het gesê sy het dit gerapporteer.
 
Ek het van alle kante probeer om te kyk of ek die katjie kan uitkry, maar daar was orals vaste muur. Later het ‘n jong meisie genaamd Jeanine ook kom hoor of sy kan help.
 
Sy was soos’ n engel gestuur om te help, want ek het so gepanic. Ek het haar gevra om weer die sentrumbestuur te skakel. Jaco het gesê hulle sal iemand stuur.
 
Dit was al amper 18:00, en tyd vir die winkel om toe te maak. Ek het weer geskakel, en toe is hulle darem al naby.
 
Net ná 18:00 was hulle daar, en het begin om ‘n stuk muur oop te breek in die aanpaskamer, waar hul al voorheen ook katte uitgehaal het. Die katjie was egter nêrens te sien nie.
 
Ek was bitter bekommerd, maar hulle het gesê hulle sal Donderdag oggend 8 uur verder soek.
 
Ek het die dames van die winkel Donderdag oggend geskakel, en hulle het bevestig dat die katjie gevind is.
 
Roger het die katjie veilig by hom gehou totdat ek die katjie ná werk gaan oplaai het.
 
Ek was so verbaas om te sien hoe klein die swart katjie is!! Nog pure babatjie!
 
‘n Groot dankie aan almal vir hulle hulp om die piepklein katjie te red. Die reddingspan, asook die dames van Contempo wat bereid was om tot 18:30 te wag om te kon sluit agter almal.
 
En ‘n besonderse dankie aan Jeanine wat saam met my tot half 7 daar gewag het. Ek het die katjie saamgebring huistoe, gebad en gevoed. Die katjie was dadelik rustig.
 
Nou moet ons net ‘n baie goeie huis kry vir die pragtige katjie. Ek wil hom /haar bitter graag hou, maar ek het twee groot boerboele, asook drie volwasse katte.
 
Ek kan nie die katjie hou nie, as sy begin om die huis te verken, sal die boerboele haar doodbyt.
 
As iemand asseblief hierdie pragtige kleine katjie ‘n liefdevolle huis sal kan gee, laat asb u nommer.
 
Ek sal ook ‘n nuwe slaap mandjie saamgee. Die katjie het binne een dag geleer om die sandbak te gebruik, en eet haar sagte kossies en drink verdunde melk. Sy/hy is baie liefdevol. Baie dankie!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button