Local newsNewsNews

Ag nee, is dit Maandag wat ek daar sien?

Ja-nee dit is beslis Maandag wat daar wink, maar hier is vandag se pragtige foto-versameling as troos.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 35ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 24 Februarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

“Ag nee, is dit Maandag wat ek daar sien?!” – Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die mooi foto geneem.
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful photo of a hyena in the Kruger National Park.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by die Arinsal Ski Station geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto van ‘n laksman in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die oulike besoeker by Sibani Lodge afgeneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die pragtige foto in Weesgerus geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Marievale Natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Marietjie Benade van Vanderbijlpark het die tuinbewonertjie afgeneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van die windpomp op pad na Richtersveldpark, Noord-Kaap geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die skilderagtige mooi foto teen skemer geneem.
Susan B Jacobs (66) van Jeffreysbaai het die mooi silhouette foto met sonsondergang op die strand geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die pragtig, rooskleurige foto geneem toe die son begin sak.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto by die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n uitstapppie by Puteri Harbour geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto van sy hoenders op Riversong-plaas geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto in Southcrest geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark, een van die jongste fotograwe wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi natuurfoto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van die Vaaldamsluise in Deneysville geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto met kerslig geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button