Local newsNewsNews

Dinge gebeur by die ERT

Goeie vertonings en opwindende projekte op die spyskaart by die ERT in Sasolburg

SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater (ERT) het heelwat opwindende projekte en vertonings op die spyskaart ten spyte van die vlak 3 beperkings wat slegs 50 mense per vertoning toelaat.
Eerste aan die beurt is Natasha Sutherland in Shirley Valentine op 27 en 28 Februarie. Breek weg saam met Shirley, ‘n middeljarige ma wat bietjie vasgevang voel met haar lewe, na avontuurryke Griekeland.

Natasha Sutherland is Shirley Valentine. 27 & 28 Feb. 2021

Die eerste week in Maart is dit tyd vir die veel bekroonde teaterstuk, Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, met Sandra Prinsloo in die naamrol, gevolg deur twee vertonings van Nataniël Gesels 2021 op Saterdag, 27 Maart.
Herman van Niekerk sê hulle sien ook uit daarna om eersdaags met hul ERT Fliek/Teater Klub te begin. Die klub gaan dan Saterdae drie filmvertonings hê wat enige iets kan insluit, van ‘n opera tot ‘n simfoniekonsert, musiekblyspele of ‘n dokumentêr.
“Ons is nog besig met die laaste detail, maar wanneer iemand vir ‘n vertoning opdaag, sal hul dan as lid van die klub registreer wanneer hul hul kaartjies koop. Moontlik sal hul ook ‘n glas wyn ontvang,” het Herman gesê. Hulle poog om die meeste van die vertonings in die dag te hou.
Al die veiligheidsmaatreëls by die ERT is in plek en teatergangers word versoek die hele tyd hul maskers te dra. Daar is ook meer as genoeg veilige parkering en selfs ‘n kragopwekker, sou beurtkrag dalk ‘n vertoning wou kortwiek.
Vir enige navrae of besprekings kontak die teater by 063 217 5147 of stuur ‘n e-pos na herman@ertsasolburg.co.za.

Moenie Sandra Prinsloo se meesterlike vertolking misloop nie. Foto: Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button