Danksy die ywerige fotograwe spog ons vandag met 'n groot foto-versameling, asook 6 nuwe fotograwe wat hul debuut op die blad maak. Welkom aan Frik, Jarno (14), Wollie, Judy, Anzel en Diane.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 35ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 24 Februarie, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ons nasionale blom, die koningsprotea in al sy prag en glorie, in die Drakensberge geneem.Frik Nel van Vanderbijlpark het die pragtige foto tydens ‘n wegbreek aan die Suidkus geneem. Dit is die eerste foto wat Frik op die blad deel.Jarno Agrellas (14) van Arconpark, Vereeniging het die pragtige foto geneem. Dit is die eerste foto wat Jarno op die blad deel.George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Wildehond in die Renoster en Leeu Natuurreservaat, Krugersdorp geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi natuurfoto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto van ‘n perdeby op ‘n dahlia geneem.Ilse Fourie van Meyerton het die mooi foto van haar mak hoerder Luka geneem.Wollie van Sittert van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto wat Wollie na die blad gestuur het.Judy Fourie van Drie Riviere het die mooi foto van ‘n sonneblom, wat in haar tuin gegroei het, geneem. Dit is die eerste foto wat Judy op die blad deel.“Doors” – Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Anzel Agrellas van Arconpark, Vereeniging, het die mooi foto van haar man en seun gedurende Desember in Amanzimtoti geneem. Dit is die eerste foto wat Anzel op die blad deel.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto in haar tuin geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die skattige foto van haar twee kleinseuns geneem – wat duidelik besig is met “geheime dinge”. Die twee nefies is Johan en Rohan.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Marievale Natuurreservaat geneem.Magdalena Peacock van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem.Marietjie Benade van Vanderbijlpark het die geveerde vriendjie in haar tuin afgeneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die skattige foto van haar kleindogter Quinzelle, salig in droomland geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige natuurfoto geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die mooi foto geneem.“Princess Mila” – Diane James from Sasolburg took this beautiful photo of her grand daughter.Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi landskapfoto geneem toe die son begin sak.Yolandi Botha van Sasolburg het die pragtige foto van haar kattekind geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto op Riversong-plaas geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto in die Klipriviersberg Natuur Reservaat geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za