Local newsNewsNews

Beauty with a Cause se wenners gekroon

Die lang wag is verby en die wenners in die onderskeie afdelings van Insimbi Legacy Projects se Beauty with a Cause-skoonheidskompetisie is gekroon.

Vaalweekblad het aan die einde van verlede jaar Insimbi Legacy Projects se skoonheidskompetisie, Beauty with a Cause, ondersteun ten bate van renosters. Behalwe dat dit vir ‘n goeie doel was, was daar ook pretpryse op die spel en natuurlik die voorreg om met ‘n titel agter jou naam weg te stap. Die organiseerder van die kompetisie het egter kort na die sluitingsdatum van die kompetisie ernstig siek geword en die deelnemers  moes bietjie langer in spanning wag om te hoor wie die wenners is.

Die gelukkige wenners in die onderskeie afdelings is:

* LITTLE MISS RHINO HOPE – Kaylee Duvenhage. 4 jaar
* JUNIOR MISS RHINO HOPE – Shelby Smith. 12 jaar
* MISS TEEN RHINO HOPE – Buane Cordier. 13 jaar (van Vanderbijlpark)
* LITTLE MR RHINO JACK – Logan Greyling. 2 jaar
* JUNIOR MR RHINO JACK – Dylan de Vos. 10 jaar
* MR TEEN RHINO JACK – Wian Auret. 17 jaar
 
Die wenners wat nog nie hul pryse ontvang het nie kan die organiseerder kontak by
sharon@insimbilegacyprojects.co.za
 
Die organiseerder (Sharon Jansen v Rensburg) en Insimbi Legacy Projcets bedank almal wat die kompetisie ondersteun het. Elke inskrywing is opreg waardeer en al die fondse wat deur die kompetisie gegenereer was, sal as betaling vir die veldwagters (anti-poachers) wat die renosters moet beskerm, aangewend word.
 
 
A big THANK YOU, to the Sponsors!
@Vaal Mall
@Isigidi Group
@Mc’s Cool Printing

@Divine Be Gracious

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button