Local newsNewsNews

Waterprobleme: Belastingbetalers gestraf vir ELM se onbekwaamheid

Rand Water het verlede week begin om inwoners van Emfuleni te straf vir die munisipaliteit se onvermoë om dié waterverskaffer te betaal. Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) skuld Rand Water meer as R1,2 miljard.

Die nuwe hoof-administrateur van die munisipaliteit, Gilberto Martins en die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, het as deel van hul omkeerplan vir Emfuleni ‘n nuwe afbetalingsooreenkoms met die nasionale kragverskaffer, Eskom en Rand Water aangegaan.

Die afbetalingsooreenkoms het egter nie gerealiseer nie en Rand Water het verlede Dinsdag sonder aankondiging besluit om die munisipaliteit se watertoevoer met 40% te verminder. Hoogliggende gebiede soos Bophelong, Boipatong in Vanderbijlpark se krane het die volgende dag leeggeloop.

Vaalweekblad het verskeie oproepe van bekommerde (en woedende) inwoners ontvang oor die waterprobleme wat hulle ervaar. ‘n Bejaarde inwoner het ook haar noodlot bekla en vertel dat sy reeds sedert verldede Donderdag geen water het nie.

“Die Metsi A Lekoa-waterdepartement is gister geen keuse gelaat as om ‘n gedwonge beurtwater-stelsel in te stel nie nadat Rand Water die waterdruk vanaf ‘n gemiddelde 180 tot 200 kilopascal (kPa) na 150 kilopascal verlaag het.  Beurtwater na laagliggende kleinhoewe-gebiede word eerste toegepas om watertorings ‘n geleentheid te gee om vol te loop,” het Rdl. Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit) in ‘n mediaverklaring gesê.

“Die leë beloftes van die nuwe administrateur en LUR kan nie langer geduld word nie. Belastingbetalers is keelvol vir ‘n onbevoegde administrasie wat nie eens binne ʼn week ʼn stukkende waterpyp kan herstel nie terwyl duisende liter water verlore gaan,” sê Senekal.

Sy het afgesluit deur te beklemtoon dat die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die munisipaliteit om sy afbetalingsooreenkomste met grootmaat-verskaffers te eerbiedig en waterinfrastruktuur in stand te hou ten einde vermorsing te voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button