Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 36ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 3 Maart, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n nuuskierige ooievaar in Ballito geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi natuurtoneel afgeneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.“Tropical Spice Garden” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens vakansie in Penang geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto in Meyersdal geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong-plaas geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Walter Sisulu Botaniese Tuine geneem.Buane Cordier (14) van Vanderbijlpark het die mooi foto vanoggend geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Klipriviersberg Natuurreservaat geneem.Danie Mohr van Henley-on-Klip het die mooi aksie foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Bosveldvisvanger by die Austin Roberts Voëlresevaat in Pretoria geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskap foto by die Grau Roig Ski-area, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die ou reus geneem.Marietjie Benade van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n voëltjienes in haar tuin geneem.Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto van Vaaldam by Vaal Marina geneem.Lucy Czapiga van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n slak in haar tuin geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Erika Coetzee van Risiville het die foto van die pragtige sonneblomme in haar tuin geneem.Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto in haar tuin geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za