BusinessNewsSponsored

Studente, kom vind jul ideale motor by Park Ford!

Studente, kom vind jul ideale motor by Park Ford!

Studente, kom vind jul ideale motor by Park Ford!

Skoolverlaters en studente wat op soek is na ‘n betroubare, ekonomiese karretjie in ‘n skitterende toestand kan gerus hul soektog begin by Park Ford in Vanderbijlpark, waar daar ‘n verskeidenheid voertuie in dié kategorie beskikbaar is. Park Ford, destyds bekend as Park Auto, is al sedert 1984 ‘n bekende baken op die hoek van Frikkie Meyer- en Kelvin Boulevard, skuins oorkant Vanderbijlpark se munisipale geboue.

“Ons voertuigverkope-afdeling het die afgelope 37 jaar al meer as 15 000 nuwe en gebruikte voertuie se transaksies suksesvol hanteer. Dis ‘n plesier om te sien hoe ons heel eerste kliënte se kinders en kleinkinders in later jare ook lojale, tevrede kliënte geword het,” sê Hilmar Rencken, handelaarshoof van die onderneming. Park Ford se sukses het nie toevallig gekom nie.

Dit is te danke aan toewyding, harde werk en eerlike, outydse familiewaardes. Danny van As het in 1993 by dié standvastige familieonderneming betrokke geraak en is steeds die eienaar. Die onderneming het as ‘n vulstasie en ‘n Mazda-handelaar begin en in 1996 is die Ford-handelsmerk by die besigheid gevoeg. Vandag is Park Ford een van die min onafhanklike Nuwe Voertuighandelaars in die omgewing en dus nie deel van ‘n korporatiewe groep nie.

“Park Ford is steeds ‘n familiebesigheid en ons behandel ons personeel en kliënte ook soos familie,” sê Hilmar, skoonseun van Danny en Chrissie van As. Hilmar word bygestaan deur Richard Shepherd, die diens- en onderdele-bestuurder, en Hardus Marais, die finansiële bestuurder.

Gesamentlik het die ervare bestuurspan reeds meer as 60 jaar ondervinding in die industrie. Park Ford kon in sy 37-jarige bestaan reeds verskeie prestasies agter sy naam skryf en is die afgelope vyf jaar elke jaar onder die Top Vyf Ford-handelaars in sy spesifieke segment in Suid-Afrika.

In 2020 kon Park Ford en sy 60 personeellede nóg ‘n prestasie op hul kerfstok afmerk toe die onderneming by die National Ford Merit Awards, die gesogte titel as Handelaar van die Jaar in sy kategorie ontvang het.

Hilmar nooi alle skoolverlaters en studente wat na ‘n sakpasvoertuig op soek is, om Park Ford by (016) 981 6010 te skakel om meer oor hul beskikbare voertuie uit te vind, of kom maak ‘n draai en bekyk die verskeidenheid voertuie op die vloer van naderby.

Soos vir duisende ander tevrede voertuigeienaars, is dit dalk vir jou ook die begin van ‘n lang en gelukkige vriendskap!

FOTO: Park Ford se bekwame span

******************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button