Classics & HistoricMotoringNews

Koster Saadjie beleef meer begrafnisse as troues in afgelope jaar

Veteraanmotor trek toe net soveel aandag soos die bruid!

Saadjie Zeelie van Vereeniging skryf:
Op 1 Maart 2020 het ek my pos as Koster/Sleuteldraer by die

NG Kerk Drie Riviere-Oos begin en het ‘n nuwe era in my lewe wortel geskiet.
In die tydperk van meer as ‘n jaar en paar dae het ek soveel liefde, vriendskap, hartseer, ondersteuning en opgewondenheid ervaar.
Veral met die Covid-19 was dit uitdagend.
 
 
Ongelukkig was daar meer begrafnisse as troues en kon ek eers Saterdag 13 Maart 2021 met die 2de troue in my loopbaan die trappe op hardloop en vir die orrellis aandui dat sy die troumars maar kan begin speel.
Die bruid is op tyd en reg om in te stap. Terwyl die bruid instap sien ek voor die kerk se trappe staan hierdie statige dame en wag.
‘n 1931 Ford Phaeton vierdeur sedan. Ek kon nie anders en het foto’s van haar geneem. Wragtig, die sleutel nog in plek. Die jonge heer wat haar opgepas het, het my dit duidelik laat verstaan jy klim nie net in en draai die sleutel nie. Daar is ‘n truuk daarin.
Dankie Vader vir die krag en gesondheid om nog te kan werk.
 
Foto: Saadjie Zelie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button