NewsNews

Anette skep ‘n poppe paradys

MEYERTON. – Dit het in die winter van 2018 begin. Anette Ogden (63) het dit nie beplan nie. Dit het net gebeur.

Die eerste persoon wat gereageer het, het meer as 30 porseleinpoppe gehad. Dit was nie wat sy gesoek het nie, maar die poppe was so mooi, sy het hulle maar gevat. Daarna het ‘n tannie uit Johannesburg laat weet sy het ‘n groot pop. Helaas, die pop was ook porselein, maar die tannie het toe twee ander mooi poppe … Anette het al drie gekoop.
Anette se gunsteling onder haar gunsteling poppe kom uit die 1940’s.
“Ek was tevrede. Ek het die pop gekry waarop ek die truie kon pas, maar mense het my bly kontak oor poppe,” vertel sy.
Elke pop was vir haar mooi en so het dit gekom dat Anette begin poppe versamel het. Sy het ontdek dat sy goed is daarmee om verwaarloosde poppe nuwe lewe te gee.
Agter in die erf is daar al drie Wendy huise spesiaal vir die poppe. Een huis is die vertoonkamer, dan is daar haar werkskamer wat ook as studio dien en die derde een is ‘n stoorkamer vir die kratte vol klere, die bykomstighede en die bokse met poppe wat nog moet aandag kry.
Haar oudste pop is byna 100 jaar oud en is van hout en papierpulp gemaak. Sy het ‘n poppe hospitaal gevra om vir die pop nuwe hare op te sit. Foto’s: Verskaf
Haar oudste pop is byna 100 jaar oud. Dis ‘n looppop wat van hout en papierpulp gemaak is.
“Ek het haar by ‘n tannie gekry wie se pa die pop vir haar in een of ander Skandinawiese land gekoop het.”
Twee van Anette se seuntjiespoppe op ‘n uitstappie.
Sy het nie net antieke poppe nie. Onder haar versameling tel heelwat First Love poppe uit die 80s, baie praat poppe uit verskillende eras en omtrent 70 Barbies.
Anette kan dit nie verdra as ‘n pop êrens lê en verwaarloos nie. Sy sê omtrent 95% van poppe kan gered word. Sy deel graag raad uit aan ander popliefhebbers oor hoe hul die poppe weer mooi kan kry.
Haar poppe is haar trots en haar passie. Soms moet sy noodwendig van hulle regmaak om te verkoop, want selfs met drie Wendy huise is daar nie altyd plek vir almal nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button