BusinessNews

Vind antwoorde vir dié vrae saam met Marelize Nell

Marelize is betrokke by werwing en plasing, opleiding en persoonlike ontwikkeling

VANDERBIJLPARK. – Al ooit gewonder of jy die regte beroepskeuse gemaak het?

Marelize Nell van Mind Rubiks.

Dalk wonder jy of jou kind die regte studiemetode volg? Miskien wens jy dat jy jou kind of lewensmaat beter kan verstaan sodat julle verhouding kan versterk?

Of dalk staan julle op trou en is jy nuuskierig oor jou maat se denk-styl en wonder jy hoe julle, met jul verskillende persoonlikhede, mekaar beter kan aanvul.  Dalk is dit motivering of meer dinamiese werksverhoudinge waarna jy smag, bietjie spanbou-pret of iets meer ernstig soos konflikmediasie. Is daar ‘n vakante pos wat gevul moet word, maar dit is moeilik om te besluit op die mees geskikte kandidaat?

Marelize Nell is ‘n geregistreerde Bedryfsielkundige asook ‘n Neethling Brein Instrument (NBI)-praktisyn en berader. Sy het ‘n passie vir mense en het na 14 jaar in die korporatiewe bedryf besluit om  Mind Rubiks te stig, waar sy individue, paartjies, gesinne en spanne help om te ontdek, te leer en te groei.

Marelize is nie klaar met die korporatiewe wêreld nie. Sy bied haar sielkundige en psigometriese dienste aan maatskappye in die omgewing, veral vir werwing en plasing, opleiding en persoonlike ontwikkeling.

Kontak haar gerus by info@mindrubiks.co.za om meer oor haar dienste uit te vind.

**********************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button