Rustigheid en veiligheid is Palms se wagwoorde
Palms-aftreeoord het luukse twee- en drieslaapkamereenhede beskikbaar waarin jy self kan woon, of wat as belegging gekoop kan word om uit te verhuur.

VANDERBIJLPARK. – Kom kyk gerus wat Palms Aftreeoord jou kan bied! Afhangend van die eenheidgrootte (twee- of drie-slaapkamers) wat gekoop word, is daar ook ‘n enkel- of dubbelmotorhuis ingesluit.
Die oord is rolstoel- en dierevriendelik (een hondjie word per eenheid toegelaat). Die heffing sluit die volgende in: 24 uur sekuriteit Tuindiens – sny van gras Vullisverwydering drie keer per week Versekering op die gebou. Die huisinhoud word deur die eienaar self verseker.
Elke eenheid word toegerus met ‘n persoonlike watermeter en voorafbetaalde krag.Daar is ‘n Mugg en Bean-koffiewinkel op die perseel (Balm Bean Café) wat teen ‘n addisionele koste etes by jou eenheid kan aflewer.
Daar is ook ‘n fasiliteit vir primêre versorging. Elke eenheid word toegerus met twee paniekknoppies wat in ‘n noodsituasie gedruk kan word. Personeel sal dadelik met ‘n gholfkarretjie vanaf Versorging na u eenheid gaan. Sekondêre versorging is ook beskikbaar. Skakel Jackie by 072 389 9362 vir meer besonderhede oor die groottes en prys van die eenhede. Koop van die plan af.

*******************************************************************************************
