CommunityNews

VF+ Jeug wil jonges en werkloses van Vanderbijlpark bystaan

Die projek skop op 17 April tussen 08:00 en 12:30 op die hoek van Christiaan de Wet- en President Steynstraat, SE1 in Vanderbijlpark af. Dit is oorkant Vaal Slaghuis.

 

Carla Cato van Vanderbijlpark se Vryheidsfront+ Jeugtak sê die tak is tans besig met ‘n projek om die gemeenskap te probeer help en sodoende ‘n verskil in mense se lewens en hopelik ook in hul omstandighede, te  maak.

Carla vertel meer oor hul planne:

Die projek se oogmerk is om mense wat hul werk weens Covid-19 verloor het, te help om ‘n CV op te stel en ook om hul CV’s aan potensiële werkgewers te stuur indien daar ‘n pos beskikbaar is. Die persone sal ook toegerus word met die nodige vaardighede om ‘n goeie onderhoud te kan voer.

Daar sal minstens een of twee dae per maand uitgesit word waar mense wat hulle werk verloor het, ‘n vorm kan invul. Hulle sal dan binne twee weke van ‘n CV voorsien word, elektronies asook ‘n drukstuk (“harde kopie”).

Die projek skop op 17 April tussen 08:00 en 12:30 op die hoek van Christiaan de Wet- en President Steynstraat, SE1 in Vanderbijlpark af. Dit is oorkant Vaal Slaghuis.

Dit gaan ‘n maandelikse aangeleentheid wees sodat ons ons gemeenskap wat tans deur ‘n moeilike tyd gaan, kan help, ondersteun en weer kan opbou.

Ons sal ook poog om die persone se CV’s uit te stuur soos wat ons gepaste werksadvertensies sien indien hulle aan die nodige vereistes/kriteria voldoen. CV’s sal vir ses tot agt maande op ons CV-databasis gestoor word. Ons wil graag ‘n projek aanpak wat volhoubaar kan wees en dus sal ons ten minste een keer per maand hierna weer ‘n dag uitsit om met die projek voort te gaan.

Ons vra die gemeenskap om sosiale media platforms dop te hou vir elke maand se datum en plek. Ons sal waar moontlik ook op sosiale media en Vaalweekblad se sosiale platforms adverteer.

  • Kom kuier gerus saam op 17 April tussen 08:00 en 12:30 en deel in die lekker atmosfeer!

*****************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button