Local newsMotoringNationalNewsNewsSport

Meyerton en Old Vaal deur na eindstryd van T20-toernooi

Dit is Meyerton-krieketklub teen Old Vaal-krieketklub in die eindstryd van die plaaslike Cancer Awareness T20-toernooi.

VEREENIGING. – Die wedstryd word Saterdagmiddag 24 April by Dick Fourie-stadion in Vereeniging beslis.

‘n Veldwerker van Sasolburg-krieketklub probeer vergeefs om nog ‘n vier te keer. Sasolburg-krieketklub het op Saterdag 17 April met 71 lopies teen Meyerton-krieketklub verloor. Foto: Christiaan Cloete

Beide spanne het Saterdag 17 April na die eindronde deurgedring nadat hulle hul onderskeie wedstryde op Dick Fourie gewen het.

Veldwerkers van Sasolburg-krieketklub juig nadat hulle een van Meyerton se kolwers uitgevang het. Foto: Christiaan Cloete

Old Vaal het Vereeniging in die eerste wedstryd van die dag met drie lopies gewen.

‘n Kolwer van Meyerton-krieketklub in aksie tydens Saterdag 17 April se wedstryd teen Sasolburg-krieketklub. Foto: Christiaan Cloete

Meyerton het met ‘n oortuigende 71 lopies gewen.

‘n Bouler van Sasolburg se gesig is die ene konsentrasie terwyl hy boul in die wedstryd teen Meyerton. Foto: Christiaan Cloete

Die eindstryd word Saterdagmiddag by die Dick Fourie-stadion gespeel. Hoërskool Driehoek en Hoërskool Transvalia pak mekaar in die openingswedstryd wat om 09:00 begin. *Volledige wedstrydverslag in Woensdag se gedrukte weergawe van Vaalweekblad.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button