Gesondheidsdepartement waarsku oor skerp styging in Covid-19-gevalle in Sedibeng
Die Gautengse Gesondheidsdepartement waarsku oor ’n skerp toename in nuwe COVID-19-gevalle in die provinsie en veral in die Sedibeng-gebied.

VEREENIGING. – Volgens gesondheidsowerhede was daar ’n skerp styging in vergelyking met die vorige week.
Volgens die departement was daar ook ’n toename in nuwe gevalle in Emfuleni, Tshwane 3 en Johannesburg D.
Die gesondheidsdepartement het ’n beroep op mense in die provinsie gedoen om hul deel te doen om die verspreiding van die virus te keer.
Dit beteken dat mense sosiale afstand moet hou, maskers moet dra wat die mond en neus bedek en gereeld hul hande te was.
Mense wat vroeë simptome toon word aangeraai om gesondheidsorg te soek.
Algemene simptome is ‘n droeë hoes, koors, seer keel, loopneus, ‘n verlies van reuk en smaak, diarree of kortheid van asem.
