Local newsMotoringNewsNewsSport

Midvaal 100 Miler ‘n groot sukses

"Not for sissies", het die wenner van die 100 Miler Midvaal se 160km na die tyd in 'n berig op facebook geskryf. Ten spyte van gure weer, het die fietsryers die dag as suksesvol en goed georganiseerd verklaar.

Fietsryers het op Sondag, 2 Mei aan die 100 Miler in Midvaal deelgeneem. Die dag het koud begin met sterk wind, maar die manne en vroue het deurgedruk.  Bergfiets entoesiaste van alle ouderdomme kon aan die dag se verrigtinge deelneem.

Daar was ‘n gratis 4km vir kinders, terwyl die res vir die 10km, 40km, 80km of 160km kon inskryf. Die grondpad resies het groot belangstelling ontlok met meer as 100 deelnemers wat aan die 160 km wedren deelgeneem het.

Hier het Dylan Girdlestone geseëvier met ‘n tyd van 05:05:16.  Dylan het op Facebook gesê die Midvaal 100 Miler bestaan uit 160km van modder, sand, klippe, gras, gruis, teer en baie inspanning.

Modder, gruis, teer, klippe en gras … die fietsryers het iets van alles teëgekom. Foto: Facebook SS Timing

“Not for sissies”, het hy bygevoeg. Hy het veral die laaste uur ‘n opdraande stryd gehad nadat sy fiets se voorwiel ‘n gat by die 120 km merk getref het en hy geval het. Dylan was op daardie stadium voor, maar toe hy val is hy deur die spanmaats, Casper Kruger en Brandon Downes verbygevat.

Hy het hulle ingehaal met 15 km oor na die wenstreep en het seker gemaak hy neem die voortou in die laaste 200m. Nicola Biani was die eerste vrou by die eindpunt in ‘n tyd van 06:32:05.

Die 80km is gewen deur Jarrad van Zuydham in 02:51:30. Onder die vroue het Michelle Andrew die 80 km resies gewen in ‘n tyd van 03:23:12. Lede van die Hoërskool Sasolburg High School (SHS) se bergfietsspan het aan die 40km resies deelgeneem.

SHS het op hul facebook blad laat weet dat hul baie trots is op Marno van der Merwe en Byloo Redpath. Hulle het onder die top 10 geëindig vanuit die meer as 100 deelnemers wat die 40km afgelê het.

Attie Redpath, Marno van der Merwe en Byloo Redpath. Marno en Byloo is albei leerlinge van SHS. Foto: Verskaf

Die 40km wedren is gewen deur Francois Botes in ‘n tyd van 01:22:53, terwyl Justin Keyter eerste plek in die 10 km behaal het. Dean van der Merwe van Vereeniging was tweede.  

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button