Local newsNationalNewsNews

Ek praat Afrikaans, “newwermaaind” my taalgebruik!

Wat het die woorde “newwermaaind”, “mouter” en “properse” in gemeen? Dit is alles woorde wat in die nuwe Tesourus van Afrikaans verskyn.

‘n Tesourus is ’n woordeboek wat gebruik word om sinonieme (en somtyds antonieme) van woorde te vind.

Die hersiende weergawe wat vroeër vanjaar verskyn het is die eerste hersiende weergawe van die oorspronklike Tesourus van Afrikaans, wat in 1994 uitgereik is.

Die nuwe Tesourus het heelwat nuwe woorde.

’n Paar van die ander woorde wat alledaags op plekke soos die Kaapse Vlakte gebruik word en hulle pad tot in die woordeboek gevind het is omtes, madjat, sterkgevreet, oralster, ottermaklottertjie, koelpatats (dagga).

Die nuwe uitgawe bevat glo meer as 140 000 inskrywings waarvan 20 000 nuwe inskrywings is.

Prof. Leon de Stadler, wat tot onlangs direkteur van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalsentrum was en ook aan die woordeboek gewerk het, meen meer kan gedoen word om erkenning aan nuwe variëteitete gee  en dat nuwe inskrywings soos dié maar net die begin is.

Die nuwe tesourus word deur Pharos uitgegee en kos R450.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button