Local newsNationalNewsNews
Meyerton-man se poniestert waai ten bate van kankerlyers
'n Man van Meyerton het Dinsdag sy poniestert laat afsny ten bate van kankerlyers.
MEYERTON. – Rondey Jones, wie se dogter, Wendy, in April tragies weens borskanker oorlede is, het gevoel dat hy op hierdie wyse mense wat deur dieselfde hel as sy dogter gaan se las effens kan verlig.
Jones het sy hare tot ‘n lengte van ongever 35cm laat groei, langer as die voorgeskrewe 25cm, wat benodig word om ‘n pruik vir kankerlyers te maak.

Hy is van plan om dit binnekort by KANSA se kantoor in Vereeniging te gaan aflaai.

Cathy de Ru van die Mom & Me-haarsalon het hom gehelp om die poniestert te knip.

Die pruik sal ten bate van kankerlyers, wie se hare weens chemoterapie uitval, gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
