Local newsNationalNewsNews

Twee dood, twee beseer in ongeluk in Meyerton

ER24 sê twee volwasse mans is dood en 'n ma en dogter beseer in 'n motorongeluk tussen 'n Ford Ranger bakkie en 'n Volkswagen Polo in Jim Foucheweg in Meyerton laat Vrydagmiddag.

MEYERTON. – Volgens ‘n verklaring van die ambulansdiens het nooddienswerkers saam met beamptes van Midvaal-brandweer en die verkeersdepartement omstreeks 16:30 by die toneel aangekom en die twee volwasse vrouens op die toneel aangetref.

Hulle kon hulself uit die bakkie bevry. Albei die vroue het minder ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ‘n privaathospitaal geneem is vir verdere sorg.

Die twee volwasse mans was in die wrak van die Volkswagen Polo vasgekeer nadat die voertuig gerol het. Hulle is albei noodlottig beseer en geen tekens van lewe getoon nie.

Die mans is op die toneel dood verklaar. Die Midvaal-brandweer het gehelp om hulle uit die voertuig te bevry.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button