Local newsNationalNewsNews

Maatskappye verf hul logo’s met die kleure van die reënboog vir LGBT-maand

Jy mag dalk opgemerk het dat talle bekende internasionale maatskappye vandag op sosiale media hul logo’s verander het om die kleure van die reënboog te vertoon.

Die  reënboogkleure is om LGBT Trots Maand (LGBT Pride Month) te vier. LGBT-maand word hoofsaaklik in die VSA gevier, maar ook elders.

British Airways het hul gewone kleure met die kleure van die reënboog verruil vir LGBT-maand.

LGBT is ‘n afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender. Dit word wyd beskou as sinoniem met gay gemeenskappe.

Apple het reënboogkleurige horlosies gemaak om LGBT Trots Maand te vier.

Die reënboogvlag is die vlag van die LGBT-gemeenskap.

Selfs die NFL vier LGBT Trots Maand.

LGBT Trots Maand word jaarliks in Junie gevier om die 1969 Stonewall-rebellie te herdenk waartydens die LGBT-gemeenskap by Stonewall in New York vir hul regte baklei het, en plaas die kollige op die regte van lesbiese, gay, biseksuele, transgender mense.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button