NationalNews

Bibberweer wag vannag op die Vaaldriehoek

Maak seker julle troeteldiere is warm. Boere moet ook spesiale voorsorg tref dat hul vee beskut is.

Inwoners van die Vaaldriehoek, gooi solank ‘n ekstra kombers oor die bed! Angelo Ricardo Hoorn, weerkundige van SEVERE WEATHER AND INFORMATION CENTRE SA waarsku dat dit vannag (3/4 Junie 2021) baie koud oor die binneland van SA gaan word.

Ligte sneeuval is vannag moontlik in dele van Mpumalanga, die Vrystaat en Gauteng. Die Vaaldriehoek is een van die plekke waar dit besonder koud gaan word.

Boere word aangeraai om toe te sien dat hulle diere, veral dié wat nog baie jonk of al baie oud is, beskerm is teen die koue. Troeteldiere moet vannag verkieslik in ‘n beskutte gebied of in die huis gehou word.

Die temperatuur gaan vannag waarskynlik tot onder vriespunt daal in die Vaaldriehoek.
Mitchell Krog het dié foto van die sneeu op die Drakensberge naby Bergville geneem. Inwoners van die Vaaldriehoek gaan vannag die koue voel!

****************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button