
Ek wil net hierdie met Vaalweekbladlesers deel: Op laerskool al het ek geleer jy kyk regs, links en weer regs voor jy ‘n pad oorsteek.
Ek kom agter dit word nie meer geleer nie, of mense gee nie om as hulle omgery word nie. Soos vandag, toe ek ry en ewe skielik loop hier ‘n ou voor my in.
Wel, my reaksies is nog vinnig en ek swaai toe uit met ‘n spoed. Al wat ek kan vra is, kyk eers voor jy oor ‘n pad loop. Maak dubbel seker asseblief? Ek kan net die Here dank dat daar nie ‘n ander kar langs my was nie, en ook dankie sê dat ek nie daardie ou raakgery het of my kar gerol het nie.
Dank die Vader ek en daardie voetganger is veilig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
