Local newsNationalNewsNews

Oom Herbert op 100-jarige ouderdom nog perdfris en gesond!

Drie Riviere Aftreoord se oudste inwoner het Vrydag sy 100ste verjaarsdag met 15 “push-ups”, 'n glasie vrugtesap en 'n sny koek gevier.

VEREENIGING. – Die Drie Riviere Aftreeord se oudste inwoner, Herbert Johannes Koch, sê hy doen op 100-jarige ouderdom nog elke dag 30 “push-ups” (opstote) en volgens inwoners kan hy nog draf.

Koch, wat in Breslau in Pole gebore is en kort na die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika verhuis het nadat hy vir 5 jaar in ‘n Britse konsentrasiekamp in Noord-Afrika aangehou is, sê hy bly jonk deur homself besig te hou en inwoners kan getuig dat Oom Herbert nie vir ‘n oomblik stilsit nie.

Hy maak nog self huis skoon en is nog baie bedrywig.

Herbert Johannes Koch het op sy 100ste verjaarsdag 15 “push-ups” gedoen. Foto: Christiaan Cloete

Hy het geen spesiale eetgewoontes nie maar bieg dat hy baie lief is vir sjokolade.

Hy neem ook nie enige medikasie nie – nie eens hoofpynpille nie!

Lees die volledige storie in Woensdag se Vaalweekblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button