Local newsNewsNews

AfriForum se Parys-tak woeker in die dorp

PARYS. – Die AfriForum-tak in Parys het in Mei sy slaggatherstelprojek in die dorp voortgesit en 2 ton teer gebruik om slaggate op te vul. Slaggate is in Caroblaan, Boom-, Noorder-, Grens-, Van Coller- en Van der Hovenstraat opgevul.  Die tak het ook in samewerking met Parys Selfdoen sy volhoubare skoonmaakprojek in die begraafplaas voortgesit. …

PARYS. – Die AfriForum-tak in Parys het in Mei sy slaggatherstelprojek in die dorp voortgesit en 2 ton teer gebruik om slaggate op te vul. Slaggate is in Caroblaan, Boom-, Noorder-, Grens-, Van Coller- en Van der Hovenstraat opgevul.

 Die tak het ook in samewerking met Parys Selfdoen sy volhoubare skoonmaakprojek in die begraafplaas voortgesit. Hierdie projek behels die skoonmaak van grafstene, die snoei van bome, die sny van gras, asook die optel en verwydering van rommel.

 “Dit is lekker om te sien dat daar inwoners in Parys is wat bereid is om self te doen en dat verskillende organisasies hande vat om die dorp te verbeter. AfriForum vra dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie ook betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

 Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button