Local newsNewsNews

1 447 slaggate in Sasolburg met 30 ton teer gevul

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Mei aan die organisasie se landswye slaggatkompetisie deelgeneem. Daar is altesaam 20 ton teer in Sasolburg gebruik en 10 ton in Vaalpark – ongeveer 1 447 slaggate in totaal is gevul.

Die gemeenskap is uitgenooi om teer te skenk en dan ’n straat te nomineer waar slaggate gevul moet word. Die totale geldwaarde van die teer wat tydens hierdie projek gebruik is, beloop sowat R72 390 en slaggate in 50 strate in Sasolburg en Vaalpark is gevul.

Johan Cooks, die takvoorsitter, wil graag die gemeenskap van Sasolburg en Vaalpark bedank vir die ruim skenkings wat ontvang is. Hy bedank ook elke persoon wat water, koeldrank en kos afgelaai het waar daar gewerk is.

“Ek kan nie anders as om die bestuur in besonder te bedank nie, Jan Meiring, Jo Fourie en Amor Powell wat die teerwerk gedoen het, Hanlie Powell wat gesorg het dat daar genoeg verversings is en Andre Vallentgoed wat die teerinsameling georganiseer het. Julle is staatmakers,” sluit Cooks af.

“Ek is ongelooflik trots op hierdie tak wat uitputtende werk gedoen het en ek is seker hierdie is maar slegs die begin. As elkeen in die gemeenskap by hierdie aksies betrokke raak, ruk ons Sasolburg binnekort reg,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Jo Fourie besig om slaggate te herstel tydens AfriForum se slaggatprojek in Sasolburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button