Local newsNewsNews
HS Driehoek en Vaal treur oor wyle juf Schultz
VANDERBIJLPARK. - Dit is met groot hartseer dat Vaalweekblad verneem het dat die Vaal, en in besonder die Hoërskool Driehoek, 'n uiters bekwame en geliefde onderwyseres gisteraand aan die dood moes afstaan.
Wyle juffrou Renette Schultz was reeds jare ‘n ware staatmaker by die die HS Driehoek.
Die HS Driehoek het gister die volgende boodskap op die skool se amptelike Facebookblad gedeel:
“Dit is met bitter groot hartseer dat Hoërskool Driehoek vanaand ‘n ware Hoekie legende moet groet.
Juf. Schultz het soveel mense se lewens verryk met haar wonderlike menswees en sin vir humor.
“Sy was nie net ‘n rots vir baie leerders nie, maar vir baie van haar kollegas ook.
Juffrou los ‘n groot leemte en ons harte is gebreek. Ons gaan juffrou baie mis.
“Sterkte aan mnr. Schultz, Martin, Christiaan en die res van haar familie. Ons dra julle op in ons gebede.
* Vaalweekblad se paaie het ook op verskeie gebiede en geleenthede met dié van juffrou Schultz gekruis deur die jare. Ons innige simpatie aan haar geliefdes, die skool en leerlinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

