Local newsNewsNews

‘n Vuurwarm foto-versameling

Die fotograwe is vuur-en-vlam wanneer die geleentheid vir 'n mooi foto opduik, en danksy hul geesdrif deel Vaalweekblad met trots nog 'n prag-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 50ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 Junie). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg het die kunstige foto geneem.
Japie Botha van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Jan Putter van Vaalpark het die mooi foto van die dammetjie by die EcoPark in Vaalpark geneem.
Jeanine Fouché van Vanderbijlpark het die mooi foto van een van haar sewe troetelslakke geneem.
“Fire in the sky” – Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Juanita Moolman van Vereeniging die oulike troufoto geneem.
“Outeniqua Moon Mosselbaai” – June Bartlett van George het die pragtige foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Leatitia Marais van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem.
Monique Ackerman van Sasolburg (Mystic Balance Photography) het die asemrowende foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die treffende foto geneem.
Rozan Koen (Prism Prime Photography) van Vaaloewer het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Sonja Kramer van Vanderbijlpark (Fantastic Flashes) het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus op 082 7025 243.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto met sonsondergang in hul kompleks geneem.
Bernard du Toit van Riversong-plaas in die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Carla Jooste (Kaktus Fotografie) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Gert Brits van Vanderbijllpark het die treffende van ‘n plaasdam op ‘n plaas tussen Koppies en Kroonstad geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi foto geneem.
Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die mooi foto in Vaalpark geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem.
Deoné de Ponselle van Meyerton het die mooi foto van die leeuwelpies geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi makro foto by Strubendam, Pretoria geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto ‘n Blouvalk by Zaagkuilsdrift geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button