Local newsNewsNews
Covid eis geliefde rugbyman
VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) is in sak en as nadat Stefan Jacobs, die klub se direkteur van rugby, vroeër vandag aan Covid oorlede is. Die 47-jarige Jacobs is na wat verneem word vroeër vandag aan ‘n ventilator gekoppel, maar is later oorlede. Hy is einde verlede maand as voorsorgmaatreël gehospitaliseer. *Vaalweekblad wil hul …
VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) is in sak en as nadat Stefan Jacobs, die klub se direkteur van rugby, vroeër vandag aan Covid oorlede is. Die 47-jarige Jacobs is na wat verneem word vroeër vandag aan ‘n ventilator gekoppel, maar is later oorlede. Hy is einde verlede maand as voorsorgmaatreël gehospitaliseer. *Vaalweekblad wil hul medelye en innige simpatie aan sy familie, sy vrou Marionette en sy seun Stefan en sy dogter Simone oordra. Hy het as rugby- en sakeman diep spore in die Vaaldriehoek getrap. Sy skielike afsterwe laat ‘n groot leemte.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
