
Talle Voortrekkers van OosVaal het Sondag, 30 Mei, in Vereeniging saamgetrek vir ‘n amptelike program by die Vryheidsmonument by die burgersentrum.
Die program het onder andere ‘n vlagseremonie, erediens, kransleggings en die inhuldiging van Voortrekker-jeugleiers en die inlywing van verkenners ingesluit.
Oosvaal sluit onder meer Brakpan, Benoni, Boksburg, Alberton, Kemptonpark en Vereeniging (Vryheidsmonument-kommando) in.
Al die kommando’s het in die inlywings gedeel.
Die dag is georganiseer deur Louis Keyser, kommandoleier van Vryheidsmonument.
Plaaslike Voortrekkerkommando’s vorm deel van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk.
Mnr. Freddie Peters, Speaker van die Midvaal-munisipaliteit en ‘n bekende kultuurleier in die Vaaldriehoek, sê dit is verblydend om te sien hoeveel jongmense steeds by kultuurorganisasies betrokke wil wees.
Foto’s: Gys Ströh





***************************************************************************************************************************
