Local newsNewsNews

Tyd om saam met fotograwe te ‘toer’

Geniet die interessante "toer" wat moontlik gemaak is deur die passievolle fotograwe.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 51ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (16 Junie). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.  

Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld hou tans vakansie in die Kruger Wildltuin. Hier maak hy nader kennis met een van die “inwoners”.
Een van die foto’s wat Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld tydens sy besoek aan die Kruger Wildtuin geneem het.
Bernard het ook die pragtige landskapfoto in die Kruger Wildtuin geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto in Desaru  geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die skattige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Carla Jooste (Kaktus Fotografie) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi natuurfoto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Korhaan in Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Gert Brits van Vanderbijllpark het die mooi foto ‘n plaas tussen Koppies en Kroonstad geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto in Mabalingwe geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die landskap foto by die Emerald Resort & Casino geneem.
Deoné de Ponselle van Meyerton het die mooi foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi foto in die Noord-Kaap by die Mein Heim Estate Guest Farm geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Juanita Moolman van Vereeniging die oulike troufoto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die skilderagtige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van ‘n eekhoring geneem.
Lynette Pretorius van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai wat ‘n voorliefde het vir voël-fotografie het die mooi foto geneem.
Rozan Koen (Prism Prime Photography) van Vaaloewer het die mooi foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Sonja Kramer van Vanderbijlpark (Fantastic Flashes) het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus op 082 7025 243.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button