Vadersdag – Wen ‘n naweek vir twee op die Africa Silks Plaas!
Skryf nou in vir Vaalweekblad en Ster se Vadersdag Kompetisie. Wen ‘n naweek vir twee in die luukse Mulberry Lane eenhede op die Africa Silks Plaas buite Graskop in Mpumalanga.
Sondag 20 Junie is Vadersdag, ‘n spesiale dag om dankie te sê vir al die pa’s en manne in ons lewens. Skryf nou in vir MooiVaalMedia se Vadersdag Kompetisie.
Wen ‘n naweek vir twee in die luukse Mulberry Lane eenhede op die Africa Silks Plaas buite Graskop in Mpumalanga.
Hoe skryf jy in?
WhatsApp ‘n foto van jou en jou pa of man na 076 454 9256 en vertel ons in minder as 60 woorde hoekom jou pa of man verdien om te wen.
Al die kompetisie reëls en besonderhede is beskikbaar in die Ster koerante van 15 Junie en ook in Vaalweekblad van 16 Junie 2021.
Die sluitingsdatum is 27 Junie. Die wenner sal op 7 Julie bekend gemaak word.
Die wenprys gaan jou die kans gee om vir ‘n naweek jou sorge te vergeet en te ontspan.
Die Africa Silks Plaas is 23,5 km buite Graskop geleë. Op helder sonskyn dae kan die plaas vanaf God’s Window gesien word.
Op hierdie plaas word daar met avokadopere, makadamias en sywurms geboer. Ja, sywurms!

Die sy word by die Africa Silks Wewery in Graskop gespin, waar die mooiste sy-produkte geweef word.
Die plaas bied daagliks begeleide toere aan waar besoekers nader kan kennis maak met die verskillende sywurms en tipes sy.
Die Africa Silks Plaas spog ook met ‘n wandelroete deur die inheemse bos, grondpaaie waarop bergfiets gery kan word, ‘n swembad, die Deck Restaurant en die Voggies Bar.
Dis die ideale plek vir ‘n familie vakansie of daardie romantiese wegbreek vir twee. Vier tipes selfsorg akkommodasie is beskikbaar.
Die tenthuise staan knus in ‘n ry onder die avokadobome. Elkeen is toegerus met beddegoed, ‘n yskas, mikrogolfoond en basiese eetgerei.
Daar is ‘n baie mooi lapa en braai area langs die groot ablusieblok. Die tenthuise is die enigste eenhede sonder en suite badkamers.
Die Tsanana Log Cabins is wyd versprei rondom die swembad.

Die grootste van die Tsananas (slaap 11) het ‘n onderdak braai area met ‘n Jacuzzi waar vriende en familie saam kan kuier.
Tsanana 1 het ook ‘n Jacuzzi versteek tussen die bome net langs die huisie.
Vir moeë reisigers of persone wat vir langer tye in die omgewing moet werk, is Memory Lane ideaal.
Dis die historiese eerste plaashuis wat omskep is in sewe selfsorgeenhede.

Die eenhede loop uit op die groot stoep wat uitkyk oor Memory Lane se tuin. Hierdie is die enigste eenhede met DSTV.
Die Mulberry Lane eenhede is ideaal vir paartjies.
Elke eenheid het ‘n stort, toilet, toegeruste kombuis en ‘n oopplan leef-en-slaap area kunstig versier met sy-produkte van Africa Silks.
Die eenhede het onderdak spabaddens en ingeboude braai areas op privaat patios.
Dis nie net die mooi natuurskoon, die vars lug en die skoon water wat die plaas besonders maak nie.
Dis die mense. Ieder en elk doen alles met ‘n gulhartige, vriendelike oorgawe.
Daar is gaste wat jaar na jaar terugkom, want op hierdie plaas kan jy jouself weer vind en sommer net weer mens word.
Al die akkommodasie is tans op 50% afslag. Geldig vir Junie en Julie 2021.
Vir meer inligting gaan loer gerus in by die facebook blaaie, @AfricaSilksFarm en @MulberryLaneSuites.
