VEREENIGING. – Die Covid-19-virus en inperking het ‘n invloed op alle aspekte van ons lewe, en die beplanning van die Vereeniging Kunsfees is geen uitsondering nie. Mnr. Imker Hoogenhout, voorsitter van dié kunsfees, het verlede week aangekondig dat die kunsfeesdatums weens die pasaangekondigde veranderinge aan die inperking, met ‘n maand aangeskuif word.

Deelnemers en almal wat met die fees gemoeid is, moet asb. van die nuwe datums kennis neem:* Die webblad sal vanaf Maandag 14 Junie ten volle aktief wees.* Inskrywings vir alle afdelings sal wees vanaf Maandag 2 Augustus tot Vrydag 6 Augustus.* Kunsstukke kan ingehandig word vanaf Maandag 23 Augustus tot Woensdag 25 Augustus.
* Die Kunsfees word dan beplan vanaf Maandag 30 Augustus tot Saterdag 25 September.Verdere inligting t.o.v. die logistiek rondom die inskrywings sal later bekend gemaak word. “Ons sien steeds uit om u vir die Kunsfees van 2021 te verwelkom en vertrou dat die makro-omgewing dit vir ons sal moontlik maak,” sê mnr. Hoogenhout.

****************************************************************************************************************************
