Legendariese toerleier, Danie Blom, vandag gegroet.
'n Gedenkdiens vir Danie Blom word vandag om 13:00 op die facebookblad @savannatours gebeeldsend.
Danie Blom alombekende en geliefde toerleier se gedenkdiens vind op Maandag, 14 Junie vanuit die Wilgespruit gemeente in Roodepoort plaas.
Danie se seun, Pieter Blom, het Sondagaand in ‘n video boodskap op Savanna Toere se Facebookblad gesê hy gaan probeer om ‘n Facebook Live video van die diens te doen aangesien min mense die kerkdiens mag bywoon.
Dit begin om 13:00 en sal op die facebookblad @savannatours uitgesaai word.
Huldeblyke stroom steeds van oraloor in nadat Danie op Saterdag, 5 Junie gesterf het.
“Jou tafel sal ons hou en altyd praat van Danie se tafel. Sterkte aan die familie. Springbok Hotel Bestuur en personeel”, het Magdalena van der Walt laat weet.
Terwyl Linda du Preez geskryf het: “My innige simpatie aan Lente en die kinders. Danie was n besondere man wat sy passie vir die natuur en ons wonderlike land en al hul toervriende uitgeleef het.”
Mense het jaar na jaar op toere saam met Danie gegaan en altyd met vele staaltjies teruggekeer.
Joey Loots se boodskap som baie mense se gevoel op: “So jammer om te hoor van die skokkende nuus. Het verskeie kere saam met julle getoer en was altyd beindruk met Danie se professionaliteit. Dink aan jou Lente en jou kinders. Julle bly in my gedagtes.”
